Moenie verwar word met Elboers nie.
Elbroes (Russies: Эльбрус; Karatsjai-Balkaries: Минги тау, Mingi Taw) is die hoogste en prominentste berg in Rusland en Europa. Dit is in die westelike deel van die Kaukasus geleë en is dié gebergte se hoogste piek. Die rustende vulkaan styg 5 642 m bo die seevlak uit. Dit is die hoogste stratovulkaan in Eurasië en die 10de hoogste kruin ter wêreld.